Die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) benut die geleenthede wat geskep word deur die FIFA Sokkerwêreldbekertoernooi in Suid-Afrika om plaaslike en internasionale reisigers en besoekers bewus te maak van die unieke Suid-Afrikaanse volstruisleerprodukte deur advertensies gedeeltelik te borg van vervaardigers van Suid-Afrikaanse volstruisleergoedere. Die advertensies word in verskeie lugrederye se in-vlug tydsktifte geplaas assook in sekere publikasies in hotelle en ander premium-segment pleklke. “Suid-Afrikaanse volstruisleer is van uitstekende gehalte, en gekoppel met besondere vakmanskap en ontwerpers, lei tot waarlik unieke produkte wat met trots gedra word deur waarde-bewuste verbruikers wat ‘n premie plaas op uniekheid en styl”, sê Anton Kruger, die Hoof Uitvoerende Beampte van die SAVBK.